Affiliation:
1. Departement Ortopedagogiek, Universiteit van Pretoria, Pretoria 0002, Republiek van Suid-Afrika
Abstract
Sielkundiges speel 'n uiters beperkte rol in prioriteitsbesluitnemingsprosesse en die bevordering van geestesgesondheid in die gemeenskap. In 'n land wat gekenmerk word deur sosio-ekonomiese en tegnologiese ontwikkelingsuiterstes en afstuur op dramatiese politieke veranderings en 'n moontlike geestesgesondheidskrisis, moet die sielkunde in die algemeen en die opvoedkundige sielkunde in die besonder deurslaggewende besluite neem rakende professionele rolverruiming, meer toepaslike intervensiemodelle en statutêre aanpassings. Opvoedkundige intervensiemodelle en vaardighede moet die ontoepaslike en koste-oneffektiewe, individuele, kuratiewe mediese model aanvul as die maatskaplike relevansie van die professie bewys wil word deur betrokkenheid by gemeenskapsontwikkeling, primêre voorkoming en nie-formele en informele onderwysprogramme. Die Suid-Afrikaanse opvoedkundige sielkunde staan vandag voor die enorme uitdaging om beroepslui op te lei wat onmisbare lede van môre se geestes-gesondheidspan sal wees. Die implikasie hiervan is 'n herstrukturering van bestaande opleidingsmodelle, doelwitte en inhoude en moontlik ook van die hiërargie van professionele registrasiekategorieë soos dit tans daar uitsien.
Cited by
7 articles.
订阅此论文施引文献
订阅此论文施引文献,注册后可以免费订阅5篇论文的施引文献,订阅后可以查看论文全部施引文献