Abstract
Die Suid-Afrikaanse ekonomie was reeds voor die COVID-19-pandemie in 'n benarde posisie. Dagloners en andere in die informele ekonomie was struktureel selfs meer kwesbaar vir so 'n eksogene skok. Die doel van hierdie oorsigstudie was om die impak van die COVID-19-pandemie op die lewensomstandighede van dagloners op die navorsingsagenda te plaas. 'n Oorsig van tersaaklike elemente uit die enigste nasionaal verteenwoordigende databasis van dagloners, afkomstig vanuit die Blaauw (2010) studie, in Suid-Afrika, was die vertrekpunt. Daarna is die jongste beskikbare navorsingsinligting oor veranderinge in die daglonermark gebruik om die moontlike kort-, medium- en langtermynimpak van die pandemie te bespreek. In 2008 was die dagloners in die Wes-Kaap en Gauteng se loonvlakke hoër as dié van die dagloners in die res van Suid-Afrika. Selfs dagloners in hierdie twee provinsies was steeds kwesbaar met lae en onsekere inkomstevlakke. Sedert 2008 het makro-ekonomiese faktore en 'n derde golf van oorgrensmigrasie 'n verdere verswakking in dagloners se posisie meegebring. Die vraag na hul arbeid het verminder en reële lone het in verskeie stede gedaal. Die COVID-19-pandemie het dagloners op die kort termyn voor hongersnood te staan gebring. Die talle mense wat vanweë die pandemie hul formele werk verloor het of nog gaan verloor sal die daglonermark onder verdere druk plaas. Die minimum loonvlak waarvoor dagloners bereid is om te werk, sal selfs verder daal. In die lang termyn kan duisende van die leerlinge wat hul skoolopleiding te midde van die pandemie staak ook dagloners word, met rampspoedige gevolge vir die maatskaplike bestel in Suid-Afrika.
Publisher
Academy of Science of South Africa
Subject
General Social Sciences,General Arts and Humanities
Cited by
3 articles.
订阅此论文施引文献
订阅此论文施引文献,注册后可以免费订阅5篇论文的施引文献,订阅后可以查看论文全部施引文献