Die oorsprong van die mens: "Laat Ons mense maak"

Author:

Dreyer J,van der Walt K

Abstract

Volgens materialiste kan die ontstaan van die mens verklaar word deur evolusie, waarvoor daar oortuigende bewyse is, soos bv. genetiese ooreenkomste, bewyse uit die fossielrekord sowel as anatomiese vergelykings. Daarteenoor stel die metafisiese siening dat mense deur 'n goddelike entiteit of 'n bonatuurlike krag geskep is. Hierdie siening word dikwels geassosieer met godsdienstige oortuigings en is (volgens die teenstanders daarvan) nie op empiriese bewyse gebaseer nie. As 'n spesie, toon menslike DNS (deoksiribonukleïensuur) 'n baie laer diversiteit as wat die genetiese teorie voorspel, hoofsaaklik as gevolg van die resentheid van die mens sowel as die voorkoms van 'n "bevolkingsbottelnek". Dit dui daarop dat die hele menslike bevolking minder as 160 000 jaar gelede uit 'n baie klein groepie ontwikkel het, waarskynlik in Afrika. Mense deel veel meer as net voorouers met die res van die skepping: ook boumateriaal, selle, organe en 'n groot deel van ons genoom. Dat mense uniek van aard is, is egter onbetwisbaar en kontemporêre wetenskap lewer vele empiriese waarnemings in hierdie verband, wat nie bevredigend verklaar kan word deur 'n onbegeleide, toevallige ontwikkelingsgeskiedenis nie. Die Bybelse narratief van Adam en Eva voldoen aan al die vereistes vir die drempelgebeurtenis in die menslike geskiedenis, wat wetenskaplik bewysbaar is. Die hipotese word daarom voorgehou dat die proto-mens geskep is deur begeleide ontwikkeling uit die stof van die aarde (koolstof, waterstof, stikstof, suurstof, fosfaat en swael). Later het 'n drempelgebeurtenis plaasgevind waartydens God die proto-mens "na Sy beeld" getransformeer het.

Publisher

Academy of Science of South Africa

Subject

General Social Sciences,General Arts and Humanities

同舟云学术

1.学者识别学者识别

2.学术分析学术分析

3.人才评估人才评估

"同舟云学术"是以全球学者为主线,采集、加工和组织学术论文而形成的新型学术文献查询和分析系统,可以对全球学者进行文献检索和人才价值评估。用户可以通过关注某些学科领域的顶尖人物而持续追踪该领域的学科进展和研究前沿。经过近期的数据扩容,当前同舟云学术共收录了国内外主流学术期刊6万余种,收集的期刊论文及会议论文总量共计约1.5亿篇,并以每天添加12000余篇中外论文的速度递增。我们也可以为用户提供个性化、定制化的学者数据。欢迎来电咨询!咨询电话:010-8811{复制后删除}0370

www.globalauthorid.com

TOP

Copyright © 2019-2024 北京同舟云网络信息技术有限公司
京公网安备11010802033243号  京ICP备18003416号-3