Die oorsprong van alles: "Dit was aand en dit was oggend"

Author:

Dreyer J,van der Walt K,Denton R

Abstract

Darwin se evolusieteorie wat in die 18e eeu gepubliseer is, was 'n elegante, sinvolle en logiese verklaring van waangenome data. Hierdie teorie is deur die destydse wetenskaplike gemeenskap aangegryp, omdat dit vir die eerste keer 'n alternatief gebied het vir die skeppingsverhaal in die Bybel. Voorstanders van die teorie was oortuig daarvan dat die ontstaan en verskeidenheid van lewe op aarde volledig deur evolusie en natuurlike seleksie verklaar kon word. Die evolusieteorie het mettertyd normatiewe status verwerf, wat daartoe gelei het dat die totaliteit van die menslike kennis deur 'n filter van ewekansige toeval geïnterpreteer is. Teenstanders van hierdie materialistiese praktyk is in baie gevalle gebrandmerk as randfigure. Sedertdien het die natuurwetenskap en die tegnologie egter dramaties ontwikkel en nuwe waarnemings op die makro-, sowel as op die mikrovlak, het gelei tot 'n groeiende aantal vrae wat nie deur 'n onbegeleide, willekeurige meganisme verklaar kan word nie. In hierdie artikel (die eerste van vier artikels oor hierdie onderwerp) word enkele voor-beelde van sodanige empiriese gegewens voorgehou. Die sentrale teoretiese uitgangspunt is dat kontemporêre waarnemings in alle dissiplines van die natuurwetenskap, die beste verklaar word deur die bestaan en betrokkenheid van God in die skepping. Akademiese integriteit verg dat daar afgewyk moet word van 'n normatiewe materialisme (wat by voorbaat enige metafisiese interpretasies uitsluit), wat tans nog wyd aangehang word. Die outeurs se vertrekpunt is 'n Reformatoriese4 verstaan van die werklikheid. Die vier artikels het almal dieselfde struktuur, naamlik 'n probleemstelling, 'n natuurwetenskaplike bespreking, 'n verkenning oor watter inligting die Bybel oor die verskillende onderwerpe aanbied, afgesluit deur 'n gevolgtrekking. Die artikelreeks is veronderstel om 'n breë, kritiese beskouing van die onderwerp van normatiewe materialisme in die natuurwetenskap te verskaf en geen nuwe navorsingsresultateper se word aangebied nie. Die insigte waartoe gekom word in die onderskeie gevolgtrekkings is egter wel uniek en die outeurs is van mening dat dit 'n bydrae lewer tot die bestaande kennis oor die verband tussen geloof en wetenskap.

Publisher

Academy of Science of South Africa

Subject

General Social Sciences,General Arts and Humanities

同舟云学术

1.学者识别学者识别

2.学术分析学术分析

3.人才评估人才评估

"同舟云学术"是以全球学者为主线,采集、加工和组织学术论文而形成的新型学术文献查询和分析系统,可以对全球学者进行文献检索和人才价值评估。用户可以通过关注某些学科领域的顶尖人物而持续追踪该领域的学科进展和研究前沿。经过近期的数据扩容,当前同舟云学术共收录了国内外主流学术期刊6万余种,收集的期刊论文及会议论文总量共计约1.5亿篇,并以每天添加12000余篇中外论文的速度递增。我们也可以为用户提供个性化、定制化的学者数据。欢迎来电咨询!咨询电话:010-8811{复制后删除}0370

www.globalauthorid.com

TOP

Copyright © 2019-2024 北京同舟云网络信息技术有限公司
京公网安备11010802033243号  京ICP备18003416号-3