Affiliation:
1. Nagraadse Bestuurskool, Universiteit van Pretoria, Hillcrest, Pretoria 0002
Abstract
'n Analise van Horner (1968, 1972) se teorie dat vroue vrees vir sukses openbaar, toon dat uitvoerige kritiek ingebring kan word teen die navorsingsmetodologie. Hierbenewens kom konseptuele verwarring voor in die defineëring van die konstruk. Daar word voorgestel dat Horner se navorsings-bevindinge eerder in die lig van bestaande ontwikkelingsteorie herinterpreteer moet word as 'n artefak van die besondere steekproef in 'n besondere ontwikkelingsfase. Voorstelle vir toekomstige navorsing oor die manifestasie van prestasie-oriëntasie by vroue ten einde bestaande wanopvattings uit die weg te ruim, vloei uit die voorgaande voort.