Affiliation:
1. Instituut vir Psigometriese Navorsing, Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, Privaatsak X41, Pretoria 0001, Republiek van Suid-Afrika
Abstract
Hierdie ondersoek is uitgevoer om die konstrukgeldigheid van twee nuut opgestelde perseptuele spoedtoetse te bepaal, asook die Perseptuele Spoedfaktor te ondersoek. Toetse vir die meting en ondersoek van drie verwante faktore, naamlik Ruimtelike Waarneming, Spoed van Sluiting en Buigsaamheid van Sluiting is by die ondersoek ingesluit. 'n Battery van 16 toetse is toegepas en 'n faktorontledingsondersoek is gedoen. Drie eersteorde-faktore is onttrek en skuins geroteer. Een tweedeorde-faktor is onttrek. Die resultate toon dat twee van die gepostuleerde faktore, naamlik Perseptuele Spoed en Ruimtelike Waarneming, na vore gekom het. 'n Derde faktor, naamlik Perseptuele Sluiting, wat blyk 'n samestelling van die twee sluitingsfaktore te wees, is geïdentifiseer. Al drie die onttrekte eersteorde-faktore het gelaai op die een onttrekte tweedeorde-faktor — 'n resultaat wat ooreenstem met die resultate van ander navorsers.