Gesinsfunksionering by Beangste Laerskoolleerlinge

Author:

Snyman J.H.1,van Rensburg E.2

Affiliation:

1. Intern-sielkundige: TOD Onderwyshulpsentrum, Klerksdorp 2570, Republiek van Suid-Afrika

2. Senior Lektrise, Departement Psigologie, Potchefstroomse Universiteit vir CHO, Potchefstroom 2520, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die doel van die ondersoek was om gesinsfunksionering met angstige kinders in verband te bring. Tien- tot twaalfjarige seuns en dogters aan sewe verskillende Afrikaanse laerskole is betrek en 350 seuns en 354 dogters is aan die Child Anxiety Scale en State-Trait Anxiety Inventory for Children onderwerp en sodoende is 'n angstige ( N = 56) en nie-angstige ( N = 52) groep geselekteer. Veertig angstige en 30 nie-angstige kinders was bereid om aan verdere toetsing deel te neem. Ook die ouers van die twee groepe is genader en 60 ouers van angstige kinders en 52 ouers van nie-angstige kinders kon betrek word. Die Persoonlikheidsvraelys vir Kinders en die Kinetiese Gesinstekening is op die kinders toegepas terwyl die ouers die Family Assessment Device, Family Crisis Oriented Personal Evaluation Scale en die Conflict Tactics Scale voltooi het. Nadat die gegewens met die SAS-rekenaarprogrampaket verwerk is, is daar, wat die PVK betref, duide-like verskille tussen die persoonlikheidseienskappe van beangste en nie-beangste kinders gevind. Daar is ook tot die gevolgtrekking gekom dat sekere fasette van gesinsdinamiek vir die vestiging van sommige persoonlikheidseienskappe by angstige kinders verantwoordelik mag wees. Dit blyk verder dat gesinne met angstige kinders swakker kommunikasievermoëns en algemene gesinsfunksionering toon. Voorts het gesinne met angstige kinders 'n swakker vermoë, ten opsigte van herstrukturering getoon. Die belangrikste gevolgtrekking waartoe daar gekom is, was dat daar wel 'n verband tussen sekere gesinsfunksies en angstige kinders bestaan.

Publisher

SAGE Publications

Subject

General Psychology

Reference29 articles.

同舟云学术

1.学者识别学者识别

2.学术分析学术分析

3.人才评估人才评估

"同舟云学术"是以全球学者为主线,采集、加工和组织学术论文而形成的新型学术文献查询和分析系统,可以对全球学者进行文献检索和人才价值评估。用户可以通过关注某些学科领域的顶尖人物而持续追踪该领域的学科进展和研究前沿。经过近期的数据扩容,当前同舟云学术共收录了国内外主流学术期刊6万余种,收集的期刊论文及会议论文总量共计约1.5亿篇,并以每天添加12000余篇中外论文的速度递增。我们也可以为用户提供个性化、定制化的学者数据。欢迎来电咨询!咨询电话:010-8811{复制后删除}0370

www.globalauthorid.com

TOP

Copyright © 2019-2024 北京同舟云网络信息技术有限公司
京公网安备11010802033243号  京ICP备18003416号-3