Affiliation:
1. Departement Sielkunde, Universiteit van Suid-Afrika, Posbus 392, Pretoria 0001, Republiek van Suid-Afrika
Abstract
Die Amerikaanse Psigiatriese Vereniging se skrapping van homoseksualiteit as 'n psigiatriese versteuring nadat dit reeds vir meer as 100 jaar as abnormaal beskou is, was 'n kontroversiële besluit, wat groot meningsverskil tussen professionele persone ontketen net. Dit net ook daartoe bygedra dat 'n dilemma vir die psigoterapeut geskep is, aangesien hy voor die keuse gestel is om òf die homoseksuele kliënt se seksuele oriëntasie te verander, òf om hom te help om sy oriëntasie te aanvaar. Ofskoon die Amerikaanse Psigiatriese Vereniging se besluit die aandag op homoseksueles as 'n minderheidsgroep gevestig het, net dit nie duidelikheid gebring oor die normaliteit of abnormaliteit van homoseksualiteit nie. Dit word veral benadruk deur die feit dat hoewel homoseksualiteit uit die psigiatriese klassifikasie-stelsel verwyder is, dit met 'n nuwe nosologiese entiteit ego-distoniese homoseksualiteit vervang is. Dit blyk verder dat die verskillende sienings wat oor die normaliteit of abnormaliteit van homoseksualiteit bestaan, aanvegbaar is en dat meer navorsing oor homoseksualitiet gedoen sal moet word, alvorens uitsluitsel gegee sal kan word oor die wysheid of kortsigtigheid van die Amerikaanse Psigiatriese Vereniging se besluit.