Affiliation:
1. Universiteit van die Vrystaat
Abstract
’n Elektrochemiese en berekeningschemiese studie van geselekteerde β-diketone word aangebied. Die effek van elektronskenkende, aromatiese en estergroepe op die 1 en 3 posisie van die β-diketone op die reduksiepotensiaal van β-diketone word geïllustreer en bespreek. ’n Analise van die digtheidfunksionaalteorie-berekende (DFT-berekende) spin digtheidsprofi el en molekulêre elektrostatiese potensiaal van die gereduseerde β-diketone gee insig in die elektronverspreiding in die gereduseerde molekule. Daar is bevind dat die digtheidfunksionaalteorie-berekende (DFT-berekende) laagste ongevulde molekulêre orbitaal energieë (ELOMO) van die β-diketoon lineêr verband hou met die eksperimentele reduksiepotensiaal. Hierdie resultaat kan gebruik word om die verwagte eksperimentele reduksiepotensiaal van nuut-ontwerpte β-diketone te bepaal.