Author:
Van der Merwe Dirk G.,Albalaa Pierre Y.
Abstract
This is the second of two articles on how the fourth evangelist has embedded the light metaphor in the prologue of the Fourth Gospel. The prologue is replete with this metaphor. A thorough discourse analysis explores the text’s inner texture to determine the rhetoric and network of semantic relations – regarding light as the subject. From here the text’s sacred texture is investigated. Various theological themes are interwoven into the text, with light being a consistent, embedded metaphor, embracing a wealth of facets and interpretations. This research focuses on the embedded light metaphor in the Johannine prologue as it relates to the Word’s performance during and after the incarnation.Hierdie is die tweede van twee artikels om aan te toon hoe die vierde evangelis die lig-metafoor in die proloog van die Vierde Evangelie ingebed het. Die proloog is deurdrenk met hierdie metafoor. Deur middel van ’n behoorlike diskoersanalise is die diepte-struktuur van die teks ondersoek om die retoriek en netwerk van semantiese verhoudings vanaf die perspektief van lig as onderwerp te bepaal. Hierna is die teologiese struktuur van die teks ondersoek. Verskeie teologiese temas is in die teks verweef, met ‘lig’ as ’n konstante verankerde metafoor wat ’n rykdom van fasette en interpretasie insluit. Hierdie navorsing fokus op die ingebedheid van die lig-metafoor in die Johannese proloog soos wat dit verband hou met die funksionering van die Woord tydens en na die inkarnasie.