Die stemaanvangstyd van apraktiese en disartriese sprekers
-
Published:1983-12-31
Issue:1
Volume:30
Page:34-39
-
ISSN:2225-4765
-
Container-title:South African Journal of Communication Disorders
-
language:
-
Short-container-title:SAJCD
Author:
Gillmer Erentia,Merwe Anita Van der
Abstract
Die aard van die neuromotoriese disfunksie wat in verbale apraksie en verworwe disartrie voorkom word tans in diepte ontleed. 'n Belangrike vraag wat beantwoord moet word, is wat die verskil tussen hierdie twee tipes spraakprobleme is. In hierdie studie word die fonetiese parameter, stemaanvangstyd (SAT) ondersoek. Die doel is om te bepaal of kenmerkende afwykings in die SAT by verbale apraksie en verworwe disartrie voorkom. By laasgenoemde is ataktiese en hipokinetiese disartrie ingesluit. Afwykende stemaanvangstye is by die ataktiese en apraktiese groepe gevind. Die meeste variasie in die gemete tydsintervalle is by die groep met ataktiese disartrie opgemerk. Stemhebbende klanke is deur beide groepe met stemlose klanke vervang. Onderbrekings in die stempulserings is by die apraktiese sprekers waargeneem. Daar is gevind dat daar verskille in SAT by die apraktiese en disartriese sprekers voorkom. Die verskille was egter klein en onkonstant.
Cited by
1 articles.
订阅此论文施引文献
订阅此论文施引文献,注册后可以免费订阅5篇论文的施引文献,订阅后可以查看论文全部施引文献
1. Variability in speech dyspraxia;Clinical Linguistics & Phonetics;1992-01