1. 'N Mens hoor dikwels dat taksonomiese en ander nie-transformasionele modelle van grammatikas wel generatief kan wees en dat die verskil dus nie op „generatief vs. taksonomies” neerkom nie, maar op „transformasioneel vs. nie-transformasioneel”. Hierdie opvatting lyk my strydig met die feite van die situasie. Dit is waar dat sekere aspekte van taksonomiese taalbeskrywings generatiewe moontlikhede het, maar geen nie-transformasionele grammatika was voor die koms van die TGG volledig generatief gekonsipieer nie. Dit lyk ook nie of enige resente alternatief vir die transformasionele model besondere generatiewe kapasiteit het nie. Ek meen dus dat dit heeltemal juis is om „generatief” en „transformasioneel” as sinonieme te gebruik
2. Ek verwys hier o.a. na die taamlik algemene opvatting dat die TGG die eerste moderne poging was om die kreatiwiteit van taal te probeer verklaar. om die noodsaaklikheid van universalia en 'n universele grammatika te erken, om aan te toon dat taalverwerwing meer as memorisasie impliseer, ens
3. Vgl. die aansluiting tussen die „competence-performance” en die „langue-parole-” onderskeide. asook die eksploitering van De Saussure se begrip „faculté de langage”
4. In hoe 'n mate dit die geval is. blyk daaruit dat die behavioristies georiënteerde linguiste geen kennis wou neem van sy denkbeelde toe hy in 1938 na Amerika verhuis het nie